Skooldrag

Leweransiers: Skoolrokke, skoolsweetpakke en dasse kan slegs by die skool se klerewinkel aangekoop word. Ons het ook skooltasse met die skoolwapen op in twee groottes beskikbaar, asook t-hemde (swart, rooi en geel), serpe, swempette, ondersteunersbaadjies en sjoebroekies vir dogters beskikbaar. Die grys seunsbroeke, kouse en with hemde wat saam met die skooluniform gedra word kan by enige handelswinkel aangekoop word. Sportdrag is ook slegs by die skool se klerewinkel beskikbaar en het ons ook sportsakke beskikbaar.

Klerebank: Die klerebank funksioneer vanuit die skoolgebou en is op Dinsdae en Donderdae vanaf 12:30 – 13:45 oop.

Merk van klere: Alle kledingstukke moet met die leerder se naam en van gemerk word. Die skool kan nie verantwoordelikheid aanvaar vir kledingstukke wat verlore raak nie. Onopgeeisde en ongemerkte klere sal na 3 maande vanuit die klerebank verkoop word.

Algemeen: Die dra van die goedgekeurde skooldrag is verpligtend vir alle leerders. Geen afwyking hiervan sal toegelaat word nie.

Bykomstighede: – Geen juweliersware, naellak en/of grimering mag skool toe gedra word nie. Een goue of silwer “sleeper” of “stud” per oor mag wel deur die dogters gedra word. Horlosies en “Medic Alert-”armbande word toegelaat.

Skoene: Swart “Bata Toughees / Buccaneer” of soortgelyke skoolskoene moet gedra word. Geen “modeskoene” mag gedra word nie.

Reëndae: Op reenerige dae mag ‘n swart “windbreaker” as reënjas skool toe gedra word.

Dogtersdrag:

Somer skooluniform: Rooi springjurk, kortmou, wit hemp, kort, wit sokkies en swart skoolskoene. Op koue dae mag ‘n swart trui of die skoolsweetpakbaadjie bo-oor gedra word.

Winter skooluniform: Rooi springjurk, langmou wit hemp, skooldas, lang grys sokkies of lang swart sykouse en swart skoolskoene. Swart skooltrui en / of die skoolsweetpak-baadjie mag bo-oor gedra word.

Of

Skoolsweetpak, langmou wit hemp, skooldas, grys sokkies, swart skoolskoene.

Hare: Hare moet netjies vertoon en die skooldrag komplimenteer. Hare moet weg van die oe gehou word. Hare moet vasgebind word as dit langer as die kraag is. Hare mag nie gekleur wees nie.

Seunsdrag

Somer skooluniform: Kortmou wit hemp, grys kortbroek, lang grys kouse en swart skoolskoene.

Winter skooluniform: Langmou wit hemp, skooldas, grys kort- of langbroek, grys kouse en swart skoolskoene. Swart skooltrui en / of die skoolsweetpakbaadjie mag bo-oor gedra word.

Of

Skoolsweetpak, langmou wit hemp, skooldas, grys kouse, swart skoolskoene

Hare: Hare moet kort en netjies wees om die skooldrag te komplimenteer. Hare moet bo die ooghare en weg van die ore af wees. Hare mag nie gekleur wees nie.

Kliek hier vir die nuutste prys lys