Skoolfasiliteite

Laerskool Stulting beskik oor geskikte fasiliteite om klasse vanaf Gr. R tot Gr. 7 aan te bied. Die gebou is spasieus en modern. Die klaskamers is ook ruim. Die saal is ook geskik vir byeenkomste, binnenshuise sport- en kultuuraktiwiteite. Verder beskik ons skool oor ‘n goed-toegeruste media sentrum / biblioteek, rekenaarsentrum, kunsklas, musiekklas, tegnologie / houtwerkkamer en wetenskaplaboratorium.

Daar is verder ook geskikte sportfasiliteite vir rugby, krieket, netbal, atletiek en tennis.