Skoollied

Skoollied: Die Laerskool Stulting Skoollied

In ons dorp pryk die Laerskool Stulting
In ons harte brand liefde en trots
“Dra die Lig!” dit is ons leuse
daarmee bou ons op ‘n rots.

Aan ons kennis en die liefde vir wat mooi is, nuttig waar,
Dit vervul ons met besieling, hoog te mik, hard te werk, tot klaar.

Laerskool Stulting ons sal trou wees,
heel ons lewe ‘n gesonde gees.
Laerskool Stulting ons sal trou wees,
heel ons lewe ‘n gesonde gees
Trots dra ons ons skool se kleure,
een van sin en hart en deug!
Trots dra ons ons skool se kleure,
een van sin en hart en deug!

 

Woorde deur mnr. J.J. Kritzinger, Hoofonderwyser 1959-1961
Sang en musiek deur Dirkie de Villiers, U.O.V.S.