Kultuur

By Laerskool Stulting glo ons in die ontwikkeling van die totale kind en die daarstelling van ‘n gebalanseerde individu. Kultuur vorm ‘n integrale deel van hierdie holistiese benadering van ons tot opvoeding.

Ons poog daarin om ‘n proses daar te stel wat aan elke leerder die geleentheid bied om ‘n verskeidenheid, en die beste moontlike kultuur afrigting, binne ‘n gestruktureerde omgewing te ontvang.

Klier Hier vir die Buitemuurse rooster

Kultuur aktiwiteite

Die aktiwiteite wat aangebied word is: ACSV, Musiek (klasmusiek en individuele instrumentale musiekonderrig), Koor (junior- en seniorkoor), Drama, Openbare spraak, Redenaars, Fotografie, Kuns Kultuur Vierkamp, en Bybelvasvra

Onderrig in verskeie instrumente o.a. kitaar, klavier, klawerbord, blokfluit, tromme, ens. word aangebied. Die musikante word ook elke jaar ingeskryf om musiekeksamens af te lê.

Geleenthede vir optredes

Ons leerders word jaarliks ingeskryf om aan die verskillende Eisteddfods en kultuurfeeste wat gehou word in te skryf. Ons bied ook elke tweede jaar ons eie kultuurfees aan waaraan verskeie skole deelneem. Elke alternatiewe jaar hou ons ‘n skoolkonsert waarin al die leerders in die hele skool deelneem.

Kultuurprysuitdeling

Leerders wat gedurende die jaar uitsonderlike pretasies in die verskillende kultuuraktiwiteite behaal, word tydens die kultuur prysuitdeling vir hul prestasies vereer.

Klier Hier vir die Buitemuurse rooster

‘n Buitemuurse rooster verskyn elke kwartaal om die oefentye van die onderskeie  kultuuraktiwiteite te reguleer. Kliek hier vir die nuutste Buitemuurse rooster