Sport & Kultuur Nov 2015

Foto 1

Liné Ferreira slag haar graad 1 moderne dans eksamen.

Foto 2

Op 7 November het ons ons tweede driekamp by Zuurbron aangebied. One of the winning teams: Casper Du Plessis, Rudolph Gerber, mentor Jan-Daniël Cilliers en Heinrich Human

Foto 3

Stulting se swemmers het deelgeneem aan die NMBA C-liga gala by Herburd Hurd. In al 4 swem style is daar sertifikate ontvang vir eerste, tweede en derde plekke.

Foto 4

Ons nuwe redaksie vir die skoolkoerant, In die Visier is as volg: Anke Gerber, Leoné de Villiers, Sonneke van Rooyen, Zimbini Quza, Destani Petersen, Mia Ellis, Naledi Zakhe, Timany Mostert,

Willem Botha, Zayne Bekker, Adriaan Landman and Jordan Allan

Foto 5

Die nuwe skolierpatrollie-lede.

Foto 6

2015 se graad O leerders se gradeplegtigheid. Trotse 2016 graad 1’s.

Foto 7

Tydens die jaarlikse Humansdorp Ko-op groepering skiet het daar ‘n paar van Stulting se leerders deelgeneem in die klein kaliber sowel as jaggeweer afdeling.  Timany Mostert, Hennie du Plessis en Karla Viviers het egter uitgestaan en pryse verower vir hul kolskote.

Timany Mostert kry 1ste plek in die jaggeweer afdeling vir dogters onder 18 en Carla Viviers ‘n 3de plek in dieselfde afdeling.  Timany behaal ook ‘n baie groot prestasie deur ‘n algehele 3de plek in die ope afdeling wat bestaan uit al die deelnemers van baie jonk tot baie oud, te kry vir haar .22 skiet.

Hennie du Plessis verower 2de plek in die jaggeweer afdeling vir seuns onder 18

Foto 8

Mr. Henk Agenbach van Humansdorp Koöperasie het dit goed gedink om Ethan se klere en ander aangaande kostes te borg. Hy glo dat elke kind ‘n geleentheid moet kan aangryp! Ethan Liberty het hoë hoogtes bereik in die afgelope jaar. Hy is gekies vir die OP o/13 Cravenweek span en later ook gekies vir die OP o/13 sewes-span.

 

Comments are closed.