Atletiek

Laerskool Stulting het ‘n hele klomp atlete wat in die Sarah Baartman Span opgeneem is. Hulle neem die 14de en 15de Maart aan die Oostelike Provinsie Kampioenskappe in Cradock deel.  Baie sterkte aan almal!

Die leerders en hul prestasies soos by die vorige byeenkoms behaal, is soos volg:

Agter van links na regs:

  • Cearon Felix (200m H-Goud,VS-Silver,200m-silver)
  • Ezra Karolisin (GS-Goud)
  • Schalk van der Merwe (HJ-Silver,75mH-Silver,150mH-Brons)
  • Gabriel van Eeden (70mH-Brons)
  • Chrisjan de Lange (SG-Silver)
  • Zander Botha (SG-Goud)
  • Ruan Nel (SG-Silver)
  • Mariane Bruwer(HS-Silver,SG-Silver75mH-Goud)
  • Minandi Venter (200mH-Brons)
  • Lianca Rose (GS-Silver,DG -Silver)
  • Janu Janse van Rensburg( SG-Brons)

Voor van links na regs:

  • Hannes van der Merwe( HS-Goud)
  • Akhumzi Masoka (75mH-Goud,150mH-Silver)
  • Muhizi Jamaar(HJ-Silver)
  • Juhan Brits(GS-Silver)
  • Jon -Daniel Witbooi(70mH-Goud,LJ-Goud)
  • Zelne Millard (70mH-Brons)
  • Sone jacobs (SG-Silver)
  • Fione van Zyl (150mH-Goud,70mH-Brons)
  • Juffrou Melissa Fouche (Atletiek organiseerder)

River Mile 2020

Op Sondag 23 Februarie het 7 van ons skool se swemmers en 2 onderwysers vol opwinding die pad Colchester toe aangepak. Dit was die leerders se eerste keer dat hulle die River Mile sou swem. Met baie kos stalletjies en lekker speel areas was daar vermaak vir almal.

Die myl was om 13:30, en die stres vlakke was redelik hoog.  Ons moes die hele myl teen die wal op loop en met elke tree het dit net al hoe verder gelyk, maar ons was ook baie opgewonde vir die uitdaging.  Daar het 171 vrouens aan die “Ladies Mile” deelgeneem.

Soné Jacobs het haar beste tyd nog geswem en eindig 110de.

Juffrou Chantell Deetlefs en Juffrou Melissa Fouché het ook aan die myl deelgeneem.

Hierdie was ‘n dag vol pret en die leerders sien uit om dit volgende jaar weer te doen.

Die deelnemers saam met Juffrou Chantell Deetlefs en Juffrou Melissa Fouché.

Comments are closed.