9 Jullie – 13 Jullie

Oudsthoorn Toer Julie 2019

Anrico Moolman (2de van links) saam met die ander 2 leerders wat onderskeidelik 1ste en 3de plek behaal het.

Anrico Moolman, ‘n gr.3 leerder van Laerskool Stulting, het 2de plek ontvang tydens ‘n onlangse skaakwedstryd.  Hy is gekies om deel te neem aan ‘n geslote toernooi wat oor 2 weke sal plaasvind.  Die leerders wat by hierdie toernooi die beste vaar sal dan gekies word vir die nasionale toernooi later vanjaar. 

Merwe van der Merwe en Bryan Katoo by Mnr. Meyer, elkeen met hulle aansporingsprys vir hulle puik prestasies!

  

Soos elke jaar borg Mnr. Christie Meyer Laerskool Stulting se atletiek rekords tydens die  interhuis-atletiek.  Bryan Katoo het 3 rekords (Verspring, Hoogspring en 80mH) verbeter en Merwe van der Merwe 1(Hoogspring).
Stulting bedank graag Mnr. Meyer vir sy jarelange ondersteuning!  Voorwaar ‘n steunpilaar in ons gemeenskap.

Wind, reën en warm sjokolade drankies

Ons graad R en RR klasse leer tans oor die seisoen “winter”. Met snoesige warm klere aan geniet hulle hier warm sjokolade drankies en vars gespringde springmielies.

Dewald Duvenage spog hier met sy pragtige sertifikaat! Saam met hom is sy mamma, Juffrou Lisé-Mari Duvenage.

Klein, maar getrein!! 

Dewald Duvenage, ‘n Gr. RR maatjie van Laerskool Stulting, het so flink gevorder met gimnastiek dat hy na ‘n volgende vlak presteer het.  Ons is geweldig trots op hom!

Comments are closed.