Graad R uitstappie

Na afloop van ons tema, Beroepe, het die Graad O leerders van Laerskool Stulting Humansdorp Spar besoek.  Daar het die leerders die geleentheid gehad om meeste van die beroepe wat behandel is te ervaar.

Die leerders het die geleentheid gehad om die slaghuis, bakkery, vrugte en groente deli te besoek. Leerders het ook die pakstoor besoek en geleer hoe  Spar produkte ontvang en verwerk tot finale produk wat dan aan die publiek beskikbaar gestel word.  Leerders het in die bakkery heerlike broodjies gebak en ook kolwyntjies versier.

Baie dankie Humansdorp Spar vir die heerlike besoek en al die moeite wat die dag so spesiaal vir elke leerder gemaak het

Comments are closed.