Individuele fotos

Geagte Ouers

Op Maandag, 2 Maart 2015 sal daar individuele- en familiefoto’s by die skool geneem word.

Die pakket sluit die volgende in :

Een (1) 20 x 25cm klasfoto met die skool se naam daarop gedruk
Een (1) 20 x 25cm enkelfoto;
Een (1) 6 x 20cm Boekmerk met enkelfoto
Een (1) 10 x 15cm enkelfoto
Vier (3)  Beursiegrootte enkelfoto’s;
Vyf  (5)  Paspoort-groottefoto’s;

Bg. pakket van 12 foto’s is beskikbaar teen slegs R40,00. LW : die klasfoto is ingesluit.

Indien u nie die hele pakket wil bestel nie, kan die klasfoto teen R15 bestel word.

Leerlinge mag ook ‘n foto saam met boetie/sussie neem @ R15,00 per foto.Die bestelling daarvoor moet asb. by die klasonderwyser van die oudste kind op die foto, geplaas word.

Die volle bedrag is betaalbaar saam met die bestelling. Bestellings moet geplaas word voor/op Vrydag, 27 Februarie 2015.

Voltooi asb. die bestelvorm indien u ‘n foto wil bestel. Stuur asb. die volle bedrag saam met die vorm terug skool toe voor/op Vrydag, 27 Februarie. Geen leerder sal ‘n foto mag bestel sonder betaling nie.

By voorbaat dankie.

pdfKliek hier om die form af te laai

 

Comments are closed.