Stulting se interhuis gala het op 25 Februarie plaasgevind!
Talle nuwe swemmers het hulle kleurspan te hulp gesnel. Daar was hierdie jaar ‘n nuwe beginner-resies wat jong swemmers motiveer om deel te neem. Daar was ook ‘n lekker lawwe aflos waarin die leerders teen hul ouers en die onderwysers geswem het. Sommige leerders het natuurlik ook van die rekords laat spat!
Die volgende leerders het die beste in hul ouderdoms groepe gevaar:
Dogters:
- 8 jaar: Taylor Ridgard
- 9 jaar: Jodie Humby
- 10 jaar: Clarissa Venter
- 11 jaar: Issataya Bredell
- 12 jaar: Sone Jacobs
Seuns:
- 8 jaar: Thinus le Keller
- 9 jaar: Hannes vd Merwe
- 11 jaar: Merwe vd Merwe
- 12 jaar: Freddy Kotze
Daar was ook ‘n beker vir die swemmer met die meeste uithouvermoë, dit het aan een van ons jongste swemmers, Alcapone Bredell, gegaan. Baie geluk!
Dit was ‘n heelike dag by die swembad! Dankie aan al die leerders, ouers en onderwysers wat bygedra het tot die dag se groot sukses.
- Jualize Strydom, Jezé Strydom en Lucia Alers.
- Daniël Dreyer, Merwe vd Merwe en Janu Janse van Rensburg op die podium.
- Oe, dis darem lekker in die water!
- Oe, dis darem lekker in die water!
- Christiaan du Plessis is nou wel net ‘n Gr. RR maatjie, maar hy is soos ‘n vissie in die water!
- Christiaan du Plessis is nou wel net ‘n Gr. RR maatjie, maar hy is soos ‘n vissie in die water!
- Loulouvé Bredell saam met haar kleinboet, Alcapone Bredell.
- Juffrou Landi en een van die swemmers wat die rekords laat spat het, Issataya Bredell