Junior en Senior koor


Stulting se Junior en Senior koor het deelgeneem aan ‘n streekskompetisie tydens ‘n opname van Sing in Harmonie. Na vele suksesvolle kunsfeeste waar die Senior koor diploma na diploma losgesing het, was hulle aangewys op die aand as die senior koor wat deurdring na die finale rondte wat in November in Kaapstad sal plaasvind! Stulting se Junior koor het die beoordelaars laat glo hulle is die kans werd en is genooi om aan dieselfde finaal deel te neem! Ons is dus trots op ons kore. Die senior koor is onder leiding van me Henriette du Toit en word begelei deur me Christelle Landman. Die junior koor is onder leiding van me Christa Coetzee en word begelei deur me Henriette du Toit. 

Comments are closed.