Laerskool Stulting Primary – Prestuurders Feb 19

Leerders verbreek rekords tydens interhuis-atletiek

Ons is baie trots op die volgende leerders van Laerskool Stulting wat so goed prestreer het:

 

Bryan Katoo o/13 S Hoogspring, o/13 S Verspring en o/13 S 80mH (links) & Merwe vd Merwe o/11 S Hoogspring (regs)

Victrix Ludorum: ChrisnaSterley (links) & Victor Ludorum: Bryan Katoo (regs)

Leerders van Stulting in KCPC-span opgeneem

Agter van links:
o/10 – Ezra Karolisin, Adom Malgas, WWJ Spangenberg, Edrich Ludick.
o/11 – Ruan Nel, Lern Smith
Voor van links:
o/11 – Adrian Rademeyer, Callie de Lange
0/13 – Chrisjan de Lange, Liam Bekker, Micheal Pienaar

Baie geluk aan hierdie 11 leerders wat tydens die proewe gekies is om deel te vorm van die KCPC squad.  Welgedaan manne!

Stulting se krieketspan maak skoonskip

Donderdag het Laerskool Stulting ‘n krieketwedstryd teen Mc Lachlan gespeel. Stulting het die loot gewen en gekies om 1ste te kolf.
Stulting wen met 100 lopies
Micheal Pienaar (foto) word as Man of the match aangewys met sy 66 lopies en 4 paaltjies.
Ons is baie trots op julle puik sportsmanskap!

Seniorkoor van Stulting tree op by Plaasfees

Laerskool Stulting het by NG Moedergemeente van Humansdorp se 170ste verjaarsdag-feesvieringe, tydens die Plaasfees, opgetree. 

Die koor het onder leiding van Me. Riëtte du Toit en Christelle Landman (begeleidster) die Humansdorp-lied gesing.  Hierdie pragtige lied is deur een van ons plaaslike inwoners, Karien du Plessis, geskryf. 

Wat hierdie optreede ook baie spesiaal maak is dat Stulting hierdie jaar hul 80ste verjaarsdag vier, 90 jaar na die stigting van die NG kerk op Humansdorp.  Ds. Stulting, na wie die skool vernoem is, was destyds ‘n leraar van die NG kerk op Humansdorp.

Wat ‘n historiese gebeurtenis!

Stulting se seniorkoor saam met Christelle
Landman (begeleidster) (links), Me. Riëtte
du Toit en Ds. Kobus Stapelberg (regs) wat
tans leraar van NG Moedergemeente op
Humansdorp is.

Comments are closed.