Laerskool Stulting se graad 1’s is reg vir die grootskool.

Juffrou Ilse Nortier en haar Engelse klassie is baie lief vir teken en verf.

Juffrou Ilze van der Nest se graad 1 klassie is propvol opwindende ontdekkingsreise

Juffrou Lisé-Mari Duvenage se graad 1 klassie is gereed vir skryf en tel.

Stulting spog met 4 nuwe, bekwame, energieke onderwysers: Joanell Barker, Elandré Smit, Wian Pienaar en Suné Ehlers (Suné is tans ‘n student aan die Universiteit van Suid-Afrika en is die graad 1 klasse se assistent. Ons wens haar voorspoed toe met haar studies!)

Tydens Stulting se jaarlikse Interhuis atletiek het die volgende atlete die beste in hulle ouderdom gevorder:
Jayden Witbooi (Victor Ludorum), Jordan Lucas, Mienke Erasmus, Kaylee Shaw-Nell, Chrisna Sterley, Chevonne Nawrattle, Talya Fereira (Victrix Ludorum)
Brian Katoo, Imange Rululu, Bongi Gxuluwa, Agcobile Mahlathi, David Mans, Jon-Daniel Witbooi, Elroy Skosana en Ezra Karolisen (en Zayne Bekker wat ongelukkig nie verskyn nie).

Die o/11 krieketspan, waarvan een speler ‘n dogter is (Loua-Lize Brown) het verlede week teen Victory afgereken. Die span het Victory vir 36 lopies uitgeboul en het daarna die stryd gewen deur die lopies binne 11 beurte op te maak. Chrisjan de Lange het 2 paaltjies vir 4 lopies gevat en Ruan Nel het 3 paaltjies vir 3 lopies gevat. Uitstekend!!

Danelle Sterley het einde laasjaar deelgeneem aan die Miss Pre Teen South Africa modelkompetisie wat gehou is in Kaapstad. Sy het die Oos-Kaap teenwoordig nadat sy stof geskop het in ander deelnemers se oë by die provinsiale kompetisie in Port Elizabeth. Danelle het weggestap met verskeie toekennings, onderandere mees fotogenies, beste uitrusting, beste ontwerper en beste talent. Sy loop ook weg as gekroonde Miss Pre Teen South Africa en het al reeds verskeie liefdadigheids werkies in haar gemeenskap verrig! Stulting is trots op jou, Danelle!!

Comments are closed.