- Die naweek het Mnr. Cornelius Coetzer, skoolhoof van Laerskool Stulting, en Mnr. Tiaan Muller, ook ‘n onderwyser van Stulting, as deel van die FEDSAS fietsry-span aan ‘n fondsinsameling-fietstoer deelgeneem. Die roete vanaf Merweville tot by Sutherland en weer terug was sowat 220km altesaam. Mnr. Tiaan Muller heel links en langs hom Mnr. Cornelius Coetzer saam met die res van die FEDSAS fietsry-span
- ‘n Paar leerders van Laerskool Stulting het onlangs aan die Kouga tennisproewe, wat op 2 & 9 Mei plaasgevind het, deelgeneem. Die seuns wat deelgeneem het was (FOTO 2): Bryan Katoo, Liam Bekker, Elandré van Loggerenberg en Reghardt Conradie.
- ‘n Paar leerders van Laerskool Stulting het onlangs aan die Kouga tennisproewe, wat op 2 & 9 Mei plaasgevind het, deelgeneem. Ook die volgende dogters het deelgeneem (FOTO 3): Naruschka Conradie, Joáni Jacobs en Chrisna Sterley.
- Mev. Ilze Stapelberg, ‘n gr.1-juffrou by Stulting, het onlangs saam met Mev. Carla Muller die Oos-Kaap by die Beach Tennis Nationals op Badplaas gaan teenwoordig. Hulle moes teen Kwazulu-Natal, Wes-Kaap en Gauteng meeding. Ten spyte van die ongelooflike strawwe kompetisie het hierdie 2 jonge dames 5de in die land tydens hierdie toernooi geëindig. Ons is geweldig trots op hulle!
- o/9 A ‘s maak skoonskip Die o/9 A-span van Laerskool Stulting het tydens Laerskool Jeffreysbaai se jaarlikse sportdag teen Frans Conradie asook teen Volkskool gespeel. Hulle wen albei wedstryde 20-0. Welgedaan manne! Die o/9 A-span pronk na hulle oorwinning!