NSRI besoek Stulting!

Die NSRI het Laerskool Stulting onlangs kom besoek.  Hulle het die leerders meer van waterveiligheid geleer en ook raad gegee van wat om te doen in ‘n noodsituasie.  Met die heerlike sonskynweer wat sinoniem met see en sand is en die somer eersdaags weer op ons voorstoep, is dit uiters noodsaaklik dat ons kinders ingelig is oor die gevare wat water inhou en wat hulle in noodgevalle moet doen.  Baie dankie aan die lede van die NSRI wat ons so mooi oor waterveiligheid kom leer het!

Comments are closed.