Skoolbeheerliggaam verkiesing 2015

‘n Verkiesing om beheerliggaamslede vir die skool te verkies word vanjaar op Dinsdag 10 Maart 2015 om18:00 in die skoolsaal gehou. Hierdie is ‘n amptelike departementele proses. Die verkiesingsbeampte is mnr. F. Lotz, skoolhoof van HS Nico Malan.

Ons skool moet 5 ouers kies om op die beheerliggaam te dien. Verkose ouers word verkies vir ‘n termyn van 3 jaar. Ouers wat hulself verkiesbaar stel word per nominasievorm genomineer en by die verkiesingsvergadering bekendgestel waarna ‘n verkiesing plaasvind.

Nominasievorms is beskikbaar en kan by die skoolkantoor afgehaal word. Nominasievorms moet volledig ingevul en by die kantoor ingedien word.

pdfKliek hier om die form af te laai

 

Comments are closed.