Stulting neem fietsry na nuwe hoogtes!

Laerskool Stulting is besig om bergfietsry op die been te bring.  Dit is op die oomblik ‘n groeiende sport in skole en die Koug-area is baie bekend vir wedrenne wat in die omgewing plaasvind.  Ons het op die 7de Maart ons eerste oefening gehad waar verskeie vaardighede geoefen was.  Ons bedank Vosloo Park vir hul ondersteuning en hulp met die Laerskool Stulting bergfietsbaan. 

Die klomp aan die trap dat die stof sommer so staan…

Comments are closed.