Ons 0/12 netbalspan

Netball1Laerskool  Stulting  se  0/12  netbalspan  het  as  die  Oos-Kaap wenners  aan  die  “Challenge  Toernooi” op 26 Julie  in  Boksburg deelgeneem.

Met  baie  opgewondenheid  is  die  toer  aangepak  wat met  ‘n lang busrit  begin het. Die  eerste  aand  het  ons  op  ‘n  wildsplaas  naby  Bloemfontein  oornag. Op dag twee is die meisies verras met ‘n besoek aan  Gold  Reef  City. Na sekere van hierdie ritte het die meisies beslis nuwe waagmoed en uithouvermoë aangeleer.

Netball3Vrydag het  aangebreek en het ons oefensessies  gedurende  die  oggend en vroeë middag  ingewerk. Vir  ontspanning  is  ons  beloon  met  die  fliek  Step Up 5 (nogal  in  3-D).

Saterdag  was  die  groot  dag.  Ons  het  onderskeidelik  teen  die  volgende  skole  gespeel :  C R Swart,  Vastrap,  Odensia,  Lynnwood  en  Op  die  Voorpos.  Elke  wedstryd het  die  meisies  hard en met ywer gespeel.  Dit was  ‘n  ongelooflike ervaring waarin ons span 18de geëindig het.

Netball2

Die  dogters  wat  deelgeneem  het  was:  Karmen Jonck(k),  Esti Steenkamp(o/k),  Meghan  Carelse,  Jodie  Bierman,  Carly  Trollip,  Janique  Steyn,  Garsha  Didloft,  Carla  Ferreira  en  Demi  Meyer.

Comments are closed.