Sport

By Laerskool Stulting glo ons in die ontwikkeling van die totale kind en die daarstelling van ‘n gebalanseerde individu. Sport vorm ‘n integrale deel van hierdie holistiese benadering van ons tot opvoeding. 

T: together
E: everyone
A: achieves
M: more

Die invloed van sport is meer as om gesonde ontspanning en plesier te verskaf. Dit is ook van opvoedkundige waarde aangesien dit fisiese fiksheid bevorder, spanwerk aanmoedig, die ontwikkeling van selfbeheer, samewerking, lojaliteit en onselfsugtigheid bevorder, deursettingsvermoë vestig en leierskapsvaardighede aanleer. 

Sportsoorte 

Seuns Dogters
Somer Atletiek
  Swem
  Tennis
  Krieket
  Skaak
Winter Tennis
Rugby Netbal
Skaak

Klier Hier vir die Buitemuurse rooster

Sportdrag

Oefendrag – In die algemeen dra leerders tydens oefeninge die skool se rooi, geel, swart of wit T-hemp. Hiermee saam word ‘n swart rugbybroekie gedra.

Wedstryddrag – Die skool skryf spesifieke drag tydens wedstryde voor. Hierdie wedstryddrag kan deur leerders by die klerebank gekoop word. Daar is ‘n ook ‘n opsie beskikbaar om die wedstryddrag vir die seisoen te huur teen R100.00.

Hier volg ‘n beskrywing van die goedgekeurde wedstryddrag vir die onderskeie sportsoorte:

RUGBY

Junior Spanne tot en met o/13B  o/13A-span
Rugbytruie:Styl: lospassende kortmou truiKleur: swart met rooi insetsel vanaf die kraag (voor) tot onder en om die arm tot op die kraag (agter), rooi kraag.(Bulletjiestruie: borduursel BULLETJIES op die rug met geel kraag).

Materiaal: sublimated

Skoolwapen: op die linkerbors

Rugbytruie:Styl: lospassende kortmou truiKleur: swart met rooi insetsel vanaf die kraag (voor) tot onder en om die arm  tot op die kraag (agter). ‘n Geel insetsel tussen die swart en die rooi paneel. ‘n Geel kraag.Die nommers 1 – 15 (sublimated) word in geel op die rug van die trui aangebring.Materiaal: sublimated

Skoolwapen: op die linkerbors

Broeke:Styl: RugbykortbroekKleur: swartMateriaal: Katoen Broeke: Styl: rugbykortbroekKleur: swartMateriaal: Katoen

 NETBAL 

 Junior spanne tot en met o/13B  o/13A-span
Top:    Styl: lospassende kortmou hempieKleur: swart met rooi paneel insetsel, onder die arm parallel tot onder op die hempie.  Rooi omslaan kraag met v-nek.

 

 

 

Materiaal: trilobal

Skoolwapen: op linkerbors

Rok:    Styl: lospassende kortmou rok met uitgesnyde mou op rugkant (“razorback”), “tights” en sportonderklere.Lengte: word volgens die individuele speler bepaal (10 cm bokant knie).Kleur: swart met rooi paneel insetsel langs die sy, met swart netbalballetjies patroon, vanaf onder die arm parallel tot onder op die soom van die rok. Addisionele rooi insetsel op voorste paneel, vanaf die bors tot by die soom. Geel piping tussen die rooi insetsels en die swart panele. Swart V-nek kraag met rooi piping.Materiaal: trilobal

Skoolwapen: simmetries op die bors

Romp:Styl: lospassende mini-rompieKleur: swart met rooi paneel insetsel, vanaf die rek parallel tot by die soom
Skoene:Styl: sportskoenKleur: wit (oorwegend) Skoene:Styl: sportskoenKleur: wit (oorwegend)

 SWEM 

 Seuns:  Dogters:
Swembroek:Styl: standaard speedoKleur: swart Swembroek:Styl: standaard eenstuk vir dogtersKleur: swart
Swemkappie:Styl: standaard kappieKleur: rooi of swartMateriaal: lycraSkoolwapen: op die sy Swemkappie:Styl: standaard kappieKleur: rooi of swartMateriaal: lycraSkoolwapen: op die sy

 ATLETIEK 

 Seuns en dogters
Frokkie:Styl: lospassende frokkieKleur: rooi met paralelle swart paneel, onder die mou tot op die soom van die frokkie.Materiaal: trilobalSkoolwapen: op linkerbors
Broeke:Styl: rugbybroekie of atletiekbroek (pollyshorts)Kleur: swart

 KRIEKET 

 Alle spanne
Hemp:Styl: gholfhemp met kraagKleur: wit hemp met rooi kraagSkoolwapen: op linkerbors
Broeke: Styl: Rugbykortbroek / Quantec (“boardshorts”) met skoolwapenKleur: swart / swart met rooi pipingMateriaal: Katoen / Quantec
Kouse:Styl: lang kniekousKleur: wit met rooi bandMateriaal: Lycra

 TENNIS

 Seuns  Dogters
Hemp:Styl: gholfhemp met kraagKleur: wit hemp met rooi kraagSkoolwapen: op linkerbors Hemp:Styl: gholfhemp met kraag, met kapmouKleur: wit hemp met rooi kraagSkoolwapen: op linkerbors
Broeke:Styl: rugbykortbroekie / Quantec (“boardshorts) met skoolwapenKleur: swart / swart met rooi pipingMateriaal: Katoen / Quantec Broeke / Rompies:Styl: Quantec (“boardshorts) / “Scort” met skoolwapenKleur: swart met rooi piping / wit met rooi pipingMateriaal: Quantec
Skoene:Styl: sportskoenKleur: wit (oorwegend) Skoene:Styl: sportskoenKleur: wit (oorwegend)

Klier Hier vir die Buitemuurse rooster

‘n Buitemuurse rooster verskyn elke kwartaal om die oefentye van die onderskeie  sportaktiwiteite te reguleer.