Sportpresteerders

Foto 3

Atletiek

Die volgende leerders het by Stulting se interhuis atletiekbyeenkoms nuwe rekords opgestel en oom Christi Meyer van C & D Rekenkundige Dienste het hulle geluk gewens met ‘n ietsie vir die sak.
Hulle is: Esti Steenkamp, Hennie du Plessis, Logan Pfeifer, Karmen Jonck,Lyle en Lucien Lippert, Jayden Witbooi, Dempers Meyer.

Foto 2

Ritmiese gimnastiek

Chrisna en Danelle Sterley is, in hul klub, aangewys as die hardwerkendste senior gimnaste van 2014 en hulled eel hierdie eer.

Foto 1

Karate 

Timany Mostert is, in haar klub,  aangewys as beste gradeerder en beste bloubelt vir 2014. Sy het tans in 2015 ook ‘n brons ontvang tydens die OP Proewe en is ingesluit in die Oos-Kaap span.

foto 4

Atlete van die dag

Hierdie leerders is aangewys as atlete van die dag in verskeie ouderdomsgroepe.
Wilmé Janse van Vuuren, Esti Steenkamp, Timany Mostert, Bianca van Schalkwyk, Xolisa Poti, Isaiah Isaacs, Josh Robinson, Zayne Bekker, Bryan Katoo, Mariané Bruwer, Muhire Jamaar, Meché Draghoender, Talya Ferreira en Jayden Witbooi.

foto 5

Victor en Victrix Ladorum

Esti Steenkamp is aangewys as die Victrix Ladorum en Jayden Witbooi as die Victor Ladorum, by die interhuis atletiek.

Comments are closed.